Vryheidsvegter van die Paarl word amptelik te ruste gelê

20160730_103402

Foto: KC Nuus

 

Vriende, kennise, kamerade en politici, het Saterdag by Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl bymekaar gekom vir die Oorhandiging en Herbegrafnis van gevalle vryheidsvegter Norman Pietersen. Vir sy MK (uMkhonto we Sizwe) lede was hy beter bekend as Billy Holliday, en hulle het uiteindelik kans  gekry om amptelik hul laaste eer aan een van hul manskap te betoon  .

Norman Pietersen

Foto verskaf: Patrick Ricketts

 

‘n Enkelkind vir sy ma Martha, ‘n huishulp, het Pietersen op ‘n jong ouderdom besluit om aktief in politiek en die vryheidstryd betrokke te raak. Beinlvloed deur onder andere mense soos Alan Paulse en Patrick Ricketts, het hy by die ANC se militêre vleuel,  uMkhonto we Sizwe in 1982 aangesluit en na Angola gestuur vir militêre opleiding. Hy is later na Bulgarye vir ‘n spesiale militêre kursus. As gevolg van sy leierskap vermoeë het Pietersen gedien as Seksie -sowel as Peloton Kommandeur. Op 11 Maart 1987 tydens sy verblyf in New Crossroads, Kaapstad, het Pietersen homself in ‘n lokval bevind en in sy kamer deur ‘n spesiale polisie taakmag doodgeskiet. Volgens Ricketts, Pietersen se voormalige kommandeur, is  Norman verraai. Tydens sy huldeblyk in die skool saal het Ricketts gesê “… daar is nuwe bewyse wat daarop dui dat Norman verraai is, wat tot sy teregstelling gelei het. Hulle is hier, hulle het nie vel op hul gesigte nie, en hulle is aantreklike sakke geld betaal daarvoor…”

Op die noodlottige dag is die agterdeur na bewering oopgelos vir twee lede van die taakmag wat die voordeur sou oopmaak vir die res van die span om in te kom. 21-Jarige Norman wou blykbaar sy AK-47 wat onder die bed was gryp, maar is toe op kort  afstand met ‘n haelgeweer in die rug geskiet. Na amper dertig jaar se gesoek is Norman se oorskot vroeër vanjaar by ‘n varvalle, ongemerkde graf  by Groenheuwel begraflpaas in die Paarl opgespoor. Die haelkorrels wat sy lewe destyds geneem het, was daar om hom hierdie keer te identifiseer. Sy oorskot is gedurende die herbegrafnis by die Hero’s Acre begrafplaas oorgeplaas. Volgens berigte gaan die oorsake wat na Billy Holliday se dood gelei het, ondersoek word. Yusuf Patel wat verblyf aan Pietersen in die vroeë tagtigs verskaf het, het in sy familie huldeblyk gesê, As jy nie die gees van Norman Pietersen kan aanvaar nie, moenie vir ons mense staan nie.

 

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Add a Comment