Nog ‘n kans vir inenting teen kanker vir meisies

 

Foto: Wes Kaap Regering Gesondheid Dr Zelda Pretorius skop die veldtog vroeër vanjaar af by Overhex Primêr in Breedevallei.

Augustus is toegewy aan vroue en samevallend met dit gaan die Wes Kaap Regering Gesondheid van 10 Augustus tot 6 September 2016 rondte twee van hul MPV – Menslike Pappiloomvirus/ (HPV -Human Papillomavirus) inentings veldtog afskop. MPV is die virus verantwoordelik vir Servikale Kanker en die mees algemeenste van die soort na borskanker. Die WKRG se immunisasie veldtog is reeds in sy derde jaar en is gerig op meisies in graad vier, 9 jaar en ouer met die doel om vroue later in hul lewe te beskerm teen servikale kanker.

(Die serviks is die onderste deel van die baarmoeder wat oopmaak na die vagina. Die kanker veroorsaak dat die selle in die serviks abnormaal en buite beheer groei en gevolglik kan lei dat kanker na ander dele van die liggaam versprei) 

Die voorkoms van servikale kanker wêreldwyd is geraam op net onder 16% per 100 000 vroue, maar in Suid Afrika is dit egter hoër waar dit staan op tussen 22 en 27 %. Ongeveer 3000 vroue sterf elke jaar in Suid Afrika as gevolg van servikale kanker met 7 uit elke 10 mense in  die land wat op een of ander tyd in hul leeftyd MPV sal opdoen. Alhoewel MPV meer algemeen in vroue is, is mans ook vatbaar.

-Mpv word veroorsaak deur Seksuele omgang (orale sowel as anale seks)

-Sekere tipes mpv veroorsaak geslags vratte (genital warts) -harde, growwe knoppe wat groei op die vel.

-Sigaret rook

-MPV het geen sigbare simptome nie en kan weke, maande selfs jare neem voor daar enige tekens is.

Alle staat -sowel as spesiale opvoeding skole sal deur  die department besoek word om  die entstof te administreer. Die departement maak dit duidelik dat geen kind ingeënt sal word sonder ‘n toestemmingsbrief van die ouers nie.

 

 

Kyk video van Dr Sonia Needham, Ginekoloog by Worcester Hospitaal wat meer verduidelik.

(kliek op teks)

Reduce The Risk of Cervical Cancer With The HPV Vaccine

Foto: Wes Kaap Regering Gesondheid

 

 

 

 

 

 

 

 

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Add a Comment