McGregor verower 11de Berg titel

 

Screenshot (2)

Foto met vergunning van @BergRiverCanoe

berg canoe logo 2

 

Hank McGregor het die afgelope naweek weereens bewys hoekom hy die titel as ‘Berg Koning’ verdien. Die vyf maal Wêreld Kampioen het sy elfde Bergrivier Kanoe Marathon titel ingepalm toe hy in ‘n tyd van 4:17:32.49 Saterdag oor die wenstreep gaan. Simon van Gysen (WP) en Adrian Boros (HON) het sterk kompetisie deur die wedren verskaf, maar moes uiteinde die knie buig en het 2de en 3de onderskeidelik geëindig. Die marathon lok van die wêreld se mees uigesoekte roeiers en is vir die 55ste keer vanjaar aangebied. Dit begin in die Paarl en strek oor vier skofte van 240km waar dit eindig in Velddrif.

 

 

 

Luister na Hank se kommentaar: (klank met vergunning van Game Plan Media)

 

Ten spyte van asemhalings probleme tydens die marathon het Bianca Beavitt sterk kompetisie afgeskud om seker te maak sy stap weg met die louere. Nicole Russel (2de) en Jenna Ward (3de) het intussen dinge nie maklik vir die verdedigende kampioen gemaak nie. Beavitt wat met ‘n verkoue gesukkel het, was nogtans te sterk en het in ‘n tyd van 4:56:55.55 klaargemaak om haar titel met welslae te behou.

Screenshot (4)

Foto met vergunning van @BergRiverCanoe

 

 

berg canoe logo 2

 

 

Luister na Bianca se kommentaar: (klank met vergunning van Game Plan Media)

 

 

 

Ook te sien…

Dag 1 fotos met die afskop van die  2016 Bergrivier Kanoe Marathon in die Paarl:

 

IMG-20160714-WA0000

And they’re off! Die 2016 Bergrivier Kanoe Marathon skop amptelik af om 09:00 in die Paarl

IMG-20160714-WA0001

Een van die plaaslike skole, Amstelhof Primêr kom wys hul kleurvolle ondersteuning vir deelnemers op dag een.

IMG-20160714-WA0006

Roeiers kon nie vir ‘n beter dag gevra het nie

IMG-20160714-WA0009

Toeskouers staan angstig en wag vir die afskop.

IMG-20160714-WA0014

Hulle moes omtrent poseer vir die kameras

IMG-20160714-WA0019

All systems go

IMG-20160714-WA0015

Motoriste op die brug het uit hul voertuie geklim om die wegspring te sien

IMG-20160714-WA0003 IMG-20160714-WA0005IMG-20160714-WA0004 IMG-20160714-WA0007 IMG-20160714-WA0008 IMG-20160714-WA0010 (1) IMG-20160714-WA0010 IMG-20160714-WA0013 IMG-20160714-WA0016 IMG-20160714-WA0017 IMG-20160714-WA0018 IMG-20160714-WA0020 IMG-20160714-WA0021

Dag 1 fotos deur Radio KC Nuusspan

 

 

 

Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail

Add a Comment